Plaaslike kulkunstenaar Alexander May bied nou interaktiewe vertonings aanlyn


Alexander May, 'n kulkunstenaar van Kaapstad, het 'n unieke en interaktiewe vertoning ontwerp wat aanlyn deur toepassings soos Zoom of Skype aangebied kan word. Die vertoning is spesiaal geskep in lyn met die huidige situasie van sosiale afstandhouding, terwyl dit steeds visuele toertjies bevat asook interaksie met die kykers.

In hierdie vertoning, stel May kulkuns ten toon waar die deelnemers deel kan wees van die towerkuns en doen hy ook verskeie eksperimente waar hy hulle gedagtes lees. Wat hierdie aanbieding so uniek maak is dat die mense nie fisies naby aan Alexander is nie en hy slegs kontak met hulle het deur die rekenaarskerm.

Die vertonings is geskik vir alle ouderdomme en die lengte hang af van die gehoor se benodighede.

Mense wat belangstel om so vertoning by hulle huise of kantore aan te bied word genooi om Alexander May se kantore direk te kontak. Besonderhede is beskikbaar by www.alexander-may.com of op sosiale media.